Rugby: Die Junior Springbok-kaptein Siphosethu Mnebele sê eenheid is die dryfkrag vir die span in vandag se eindstryd in die Junior Wêreldkampioenskappe teen Frankryk in Georgië. Hy prys die spanomgewing en die werketiek en sê hulle is goed voorbereid en opgewonde om Suid-Afrika te verteenwoordig. Suid-Afrika is die verdedigende kampioen nadat hulle Nieu-Seeland in verlede jaar se eindstryd in Italië geklop het. Die Junior Bokke sal ook swart armbande dra ter ere van die voormalige SA onder-18-stut Luqobo Makwedini, wat onlangs in Frankryk dood is.
Rugby: Spaneenheid is Junior Bokke se dryfkrag in eindstryd teen Frankryk