# Rugby: Die spanning loop hoog vir die Verenigde Rugby-kampioenskap, met slegs drie groepsrondes oor. Die top-twee spanne op die punteleer, Glasgow Warriors en die Stormers, sal môre in Kaapstad sake uitspook, terwyl die Haaie in die Skotse hoofstad teen Edinburgh te staan kom. Die Leeus is die gashere vir die Ierse span Connacht in Johannesburg en die Bulle pak Scarlets in Wallis. Die Leeus is nou vierde op die punteleer, die Bulle agtste en die Haaie elfde. Die top-agt spanne kwalifiseer vir die kwarteindronde.
Rugby: Slegs drie groepsrondes oor in die VRK