Skip to content

Rugby: Skrapping van Giteau-reël gee Schmidt geleentheid om Wallabies-groep te versterk

# Rugby: Australië se skrapping van die sogenaamde Giteau-reël gee die Wallabies se afrigter, Joe Schmidt, die kans om sy groep vir die Rugbykampioenskap te versterk met oorsese spelers. Die reël het die gebruik van oorsese Wallabies verbied wat nie 60 toetse gespeel het nie. Peter Horne van Rugby Australië sê hulle sal steeds plaaslike spelers kies wat van dieselfde gehalte is. Die Wallabies begin die kampioenskap met twee toetse teen die Springbokke in Suid-Afrika – die 16de in Johannesburg en ‘n week later in Kaapstad.