# Rugby: Skotland se hoofafrigter, Gregor Townsend, beskryf die Springbokke se voorspelers as die beste ter wêreld. Die twee spanne speel vandag teen mekaar in ‘n Nasieskampioenskap-kragmeting op Loftus Versfeld in Pretoria. Die Skotte kon Suid-Afrika slegs vyf keer klop in die spanne se 30 vorige ontmoetings. Townsend sê hulle berei voor vir ‘n uiters fisieke kragmeting teen die wêreldkampioene nadat albei spanne goeie oorwinnings in die eerste ronde behaal het – die Bokke teen Engeland en Skotland teen Argentinië. Afskop is vanmiddag om 20 voor 6.
Rugby: Skotland se afrigter beskou Bokvoorspelers as beste ter wêreld