Skip to content

Rugby: Sheehan neem oor as kaptein van Ierland vir wedstryd teen All Blacks in Chicago

# Rugby: Caelan Doris is met sy terugkeer na Ierland se span op die bank vir môreaand se wedstryd teen Nieu-Seeland in Chicago, met Dan Sheehan as kaptein. Iain Henderson, Bundee Aki en Sam Prendergast is ook op die bank. Jack Crowley begin op losskakel ten koste van Prendergast, met Jamison Gibson-Park sy skakelmaat. Dit sal die tweede keer wees dat die lande kragte meet op Soldier Field in Amerika, waar Ierland in 2016 ‘n geskiedkundige eerste oorwinning oor die All Blacks behaal het.