# Rugby: Met slegs twee rondes ligawedstryde nog oor, het sewe spanne steeds ‘n kans om die halfeindronde van die SA-beker te haal. Die aksie begin om 6-uur vanmiddag in George, waar die SWD Arende die verdedigende kampioen, Griekwas, verwelkom. Die ander vier wedstryde begin almal 3-uur môremiddag. Die Boland Kavaliers verwelkom die punteleiers, die Pumas, in Wellington; die Valke reis na Potchefstroom om teen die Luiperds te speel; die Cheetahs is gasheer vir die Grens Bulldogs in Bloemfontein; en Oos-Kaap pak die Griffons in Gqeberha.
Rugby: Sewe spanne het nog ‘n kans om SA-beker halfeindronde te haal