# Rugby: Die eerste Senatla Sewes-toernooi vir jong spelers begin Woensdag in Kaapstad. Die geleentheid is ‘n vennootskap tussen die voormalige Blitsbok-ster Seabelo Senatla en die Connect-akademie in Parow. Onder-11, onder-13 en onder-15 seunspanne, asook onder-18-meisiespanne van die streek sal oor twee dae meeding. Senatla sê sy herstel van ‘n ernstige motorongeluk twee jaar gelede, met intensiewe rehabilitasie deur Connect se stigter, Murray Ingram, het hom geïnspireer om homself toe te wy aan die mentorskap van die volgende rugby-geslag.
Rugby: Senatla ploeg terug in jeugrugby met sewes-toernooi
