# Rugby: Die nuwe All Black-kaptein, Ardie Savea, sien daarna uit om die driemalige kampioen na volgende jaar se Wêreldbekertoernooi in Australië te lei. Die nuwe afrigter, Dave Rennie, het hom aangestel in sy groep vir die Nasieskampioenskapstoetse. Savea neem oor by die beseerde Scott Barrett. 2023 se wêreldspeler van die jaar sê hy is gelukkig om wonderlike leiers en afrigters in die groep te hê. Nieu-Seeland speel op 4 Julie in Christchurch teen Frankryk, die elfde in Wellington teen Italië en ‘n week later in Auckland teen Ierland.
Rugby: Savea sien uit na die uitdaging om die All Blacks na die Wêreldbeker te lei