# Rugby: Suid-Afrika se Verenigde Rugbykampioenskapspanne berei voor vir ’n Walliese inval hierdie naweek. Terwyl die Bulle reeds hul plek in die top vier verseker het, is alle oë op die Haaie, wat hoop om ’n tuiskwartereindstryd te beklink. Die Stormers en Leeus, moet hulle wedstryde wen om die top agt te haal. Die Haaie speel vanaand in Durban teen die Ospreys. Môre kom die Bulle in Pretoria teen Cardiff te staan en die Stormers speel teen die Dragons in Kaapstad. Die Leeus verwelkom die Scarlets Sondag in Johannesburg.
Rugby: SA se VRK spanne staan reg vir ‘n Walliese inval hierdie naweek