# Rugby: Die Verenigde Rugbykampioenskap het bevestig dat SA Rugby die liga se sesde aandeelhouer geword het. Die ander is die unies van Ierland, Italië, Skotland en Wallis, en CVC Capital Partners. Suid-Afrika se betrokkenheid duur reeds sedert 2018 toe die Cheetahs en die Southern Kings by die PRO14 aangesluit het. SA Rugby se uitvoerende hoof, Rian Oberholzer, beskryf dit as ‘n rooiletterdag vir Suid-Afrikaanse rugby met die voltooiing van ‘n reis wat agt jaar gelede begin het toe hulle ‘n toekoms in die noordelike halfrand begin oorweeg het.
Rugby: SA Rugby word aandeelhouer in Verenigde Rugbykampioenskap