# Rugby: Vyf lede van die Junior Springbok-span wat vroeër vanjaar Wêreldrugby se Onder-20-kampioenskap in Italië gewen het, is ingesluit in die oefengroep van SA Rugby se Onder-19 Akademie. Hulle speel van die einde van die maand drie wedstryde in Europa. Die seëvierende Junior Bokke wat deel is van die oefengroep is die SA onder-20-kaptein, Riley Norton, Oliver Reid, Phiwayinkosi “Rambo” Kubheka, Siphosethu Mnebelele en Vusi Moyo. Die groep van 36 sal twee wedstryde in Frankryk speel en een in Ierland.
Rugby: SA Rugby kondig onder-19 oefengroep aan voor Europese toer