# Rugby: SA Rugby het bevestig hy gaan kaartjiepryse deeglik hersien ná die huidige seisoen. Dit volg op kritiek oor die koste om Springbok-wedstryde by te woon. Rugbybase moes kaartjiepryse vir die Bokke se eerste toets van die jaar teen Engeland op Ellispark verlaag ná trae verkope. Die goedkoopste kaartjies se prys is van 950- na 450-rand aangepas. SA Rugby se president, Mark Alexander, sê die doel is om die sport se finansiële volhoubaarheid te balanseer met toeganklikheid vir alle Suid-Afrikaners.
Rugby: SA Rugby gaan kaartjiepryse hersien na 2026 se toetsseisoen