# Rugby: SA Rugby het hulde gebring aan die voormalige Springbok-kaptein Des van Jaarsveldt, wat vandag op die ouderdom van 96 oorlede is. Van Jaarsveldt is in Zimbabwe gebore en het Suid-Afrika in ‘n 1960-toets teen Skotland aangevoer, en ‘n drie gedruk. Hy het meer as 60 provinsiale wedstryde vir die destydse Rhodesië gespeel en was aktief as rugby-afrigter en -administrateur. Die president van SA Rugby, Mark Alexander, het hom vereer as ‘n toegewyde leier met ‘n blywende nalatenskap.
Rugby: SA Rugby bring hulde aan ontslape Springbok-kaptein Des van Jaarsveldt