Skip to content

Rugby: Russell verleng sy kontrak met Bath tot 2028

# Rugby: Die losskakel van Skotland en ook die Britse en Ierse Leeus, Finn Russell, het sy kontrak met Premierskapkampioen Bath tot die middel van 2028 verleng. Hy het by die Engelse klub, wat deur Suid-Afrikaner, Johann van Graan afgerig word, in 2023 vir drie jaar aangesluit en het 420 punte in 45 wedstryde aangeteken. Russell sê hy sien uit daarna om by die klub te wees en te sien wat in die toekoms bereik kan word. Van Graan beskryf Russell as een van die wêreld se beste losskakels.