Skip to content

Rugby: Robinson verlaat rol as hoof van Nieu-Seeland Rugby einde van die jaar

# #Rugby: Nieu-Seeland se beheerliggaam sal van volgende jaar af ‘n nuwe uitvoerende hoof hê. Nieu-Seeland Rugby het Mark Robinson se vertrek bevestig en sê hy gaan by sy familie in Australië aansluit. Die beheerliggaam sê as ‘n trotse voormalige All Black het hy ‘n reusebydrae tot die spel gelewer. Robinson het in Januarie 2020 oorgeneem en die organisasie gehelp met die uitdagings van die Covid-19-pandemie. Hy glo hy laat Nieu-Seeland Rugby sterker agter.