Skip to content

Rugby: Riley Norton voer sterk groep Junior Bokke aan in Onder 20-kampioenskap in Italië

# Rugby: Riley Norton lei ʼn sterk Junior Springbok Onder 20-groep by die Wêreldrugby-kampioenskap wat van 29 Junie tot 19 Julie in Italië plaasvind. Die groep sluit Phiwayinkosi Kubheka en Ian van der Merwe in wat nog nie voorheen vir die SA Onder 20’s gespeel het nie, terwyl Jaco Grobbelaar, Stephanus Linde en Jaco Williams terugkeer na die groep. Afrigter Kevin Foote sê hulle het 30 spelers gekies wat vasbeslote is om die land trots te maak met hulle prestasie op die veld en gedrag van die veld af.