Skip to content

Rugby: Reusestryd wag Saterdag in Kaapstad op twee top VRK-spanne

Rugby: ‘n Reusestryd word verwag in Saterdag se ontmoeting tussen die twee topspanne in die Verenigde Rugbykampioenskap in Kaapstad. Glasgow Warriors het ‘n voorsprong van slegs vier punte op die Stormers met drie groepwedstryde wat oorbly, met tuis-kwarteindstryde wat op die spel is. Die Stormers het verlede naweek teen Connacht verloor terwyl die Leeus Glasgow op Ellispark 54-12 verpletter het. Die Stormers se aanvalsafrigter, Dawie Snyman, sê die uitslag was as gevolg van die Leeus se goeie spel as en nie swakpunte in Glasgow se spel nie.