Skip to content

Rugby: Reinach se VRK-seisoen is verby na ernstige kniebesering teen Glasgow

# Rugby: Die Stormers se Springbok-skrumskakel, Cobus Reinach, se Verenigde Rugbykampioenskap-seisoen is verby weens ‘n langtermyn-kniebesering wat hy Saterdag teen Glasgow Warriors opgedoen het. Afrigter John Dobson sê sy afwesigheid gaan hulle effens onder druk plaas, maar hulle kan gelukkig terugval op Stefan Ungerer, Imad Khan en Dewaldt Duvenage. Die Stormers het die voorste plek op die punteleer by die Skotte oorgeneem na Saterdag se oorwinning in Kaapstad. Hulle speel hulle oorblywende groepswedstryde in Ierland teen Ulster en in Wallis teen Cardiff.