Skip to content

Rugby: Reinach maak moontlik vanaand sy buiging vir die Stormers in die wedstryd teen Benetton

# Rugby: Die Springbok-skrumskakel Cobus Reinach kan sy buiging vir die Stormers maak in vanaand se Verenigde Rugbykampioenskaps-wedstryd teen Benetton in Treviso, Italië. Hy het voor die begin van die seisoen vanaf Montpellier by die Kaapse span aangesluit nadat hy voorheen vir die Haaie en Northampton Saints gepeel het. Reinach is op die bank saam met die voormalige Skotse toetsspeler Oli Kebble, wat na sy gewese span teruggekeer het wat hy in 2017 laas verteenwoordig het. Die senter Ruhan Nel is kaptein van die voorloper op die punteleer.