# Rugby: Louis Rees-Zammit sal môre in sy gunstelingposisie as vleuel vir Wallis speel in die Nasieskampioenskapstoets teen Fidji in Cardiff. Hy het in al vyf die span se Sesnasies-wedstryde heelagter gespeel. Die hoofafrigter, Steve Tandy het ses veranderinge aan die groep aangebring wat die Barbarians verlede naweek met 33-31 op Twickenham geklop het en die nommer 15-trui aan Blair Murray gegee. Vroeër is berig die voormalige heelagter Leigh Halfpenny het by Wallis se bestuurspan as skopafrigter vir die kampioenskap aangesluit.
Rugby: Rees-Zammit skuif na vleuel vir wedstryd teen Fidji in Cardiff