# Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus het tweedekeuse-spelers verseker hulle is steeds deel van sy planne voor die Rugby’s Greatest Rivalry-toetsreeks teen Nieu-Seeland. Hy sê Saterdag se toets teen Argentinië gaan daaroor om momentum te bou, prestasie te verbeter en terugkerende spelers waardevolle wedstryd-tyd te gee na beserings. Erasmus sê tweedekeuse-spelers hoef hulself nie te bewys nie, en rotering is van die uiterste belang tydens die reeks van vier toetse. Hy het ook vertroue in kaptein Siya Kolisie se fiksheid.
Rugby: Rassie sê tweedekeuse-spelers steeds deel van planne vir reeks teen All Blacks