Skip to content

Rugby: Rassie sê Stormers het Bulle gewys hoe om Leinster te klop

# Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus sê die Stormers het die Bulle gewys hoe om Leinster tuis te klop toe hulle die Verenigde Rugbykampioenskaps-halfeindstryd teen die Ierse span verloor het. Die Bulle en Leinster speel vanaand in die eindstryd in Dublin. Erasmus sê die Stormers het Suid-Afrika se naam hoog gehou al het hulle verloor, want swak dissipline en die afwesigheid van verskeie beseerde ster-spelers het hulle belemmer. Hy verwag die gasheer gaan ‘n taai uitdaging wees, maar glo die Bulle kan een stap beter vaar as die Stormers.