Skip to content

Rugby: Rassie sê oorwinning het momentum herstel, maar Nieu-Seelandse taak bly onveranderd

# Rugby: Die Springbok-afrigter Rassie Erasmus sê gister se oorwinning oor Australië het die moreel gebou, maar die Rugbykampioenskap-titel berus steeds op ‘n oorwinning in Nieu-Seeland. Erasmus sê die oorwinning van 30-22 was ver van ‘n perfekte wedstryd. Hy sê in vergelyking met verlede week se twee of drie uit tien vertoning, was hierdie week ‘n ses of sewe. Die Springbokke sal volgende week ‘n 36-man-groep op toer neem vir twee toetse wat steeds deurslaggewend is vir die Bokke. Die eerste wedstryd teen Nieu-Seeland word op 6 September by Eden Park in Auckland gespeel.