Skip to content

Rugby: Rassie kondig Bokspan vir Franse kragmeting eers Donderdag aan

# Rugby: Rassie Erasmus hou die Franse afrigter, Fabian Galthie, aan die raai en gaan eers Donderdag die Springbok-span aankondig vir Saterdag se kragmeting. Hy kondig gewoonlik die groep op die Dinsdag voor ‘n wedstryd aan. Die botsing op die Stade de France in Parys sal die eerste tussen die twee lande wees sedert Suid-Afrika die gashere in die kwarteindronde van 2023 se Wêreldbekertoernooi geklop het. Die uitslag is baie belangrik voor die loting vir 2027 se Wêreldbekertoernooi in Australië vroeg volgende maand gedoen word.