# Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus glo Damian Willemse sal fiks wees vir volgende naweek se toets teen Frankryk in Parys. Die enigste erkende heelagter in die groep is beseer tydens die Stormers se Verenigde Rugbykampioenskaps-wedstryd teen Benetton in Italië, maar hy het in Londen by die nasionale span aangesluit. Die vleuel Cheslin Kolbe sal die nommer 15-trui dra in Saterdag se wedstryd teen Japan op die Wembley-stadion omdat Erasmus nie ‘n kans wil waag met Willemse nie. Hy sê Kolbe het gereeld heelagter gespeel in sy klubloopbaan.
Rugby: Rassie glo Willemse sal reg wees om teen Frankryk te speel