# Rugby: Springbok-hoofafrigter Rassie Erasmus het besluit om die All Blacks so lank moontlik aan die raai te hou deur eers Donderdagmiddag sy groep aan te kondig vir Saterdag se eerste toets. Hy kondig gewoonlik die span baie vroeër aan, maar het dit in die verlede ook so gedoen vir ‘n kragmeting met Nieu-Seeland. Erasmus wag glo steeds op nuus oor die fiksheid van spelers soos kaptein Siya Kolisi en die loskopstut Ox Nché. Kenners voorspel dat hy sy mees ervare span vir Ellispark sal kies.
Rugby: Rassie gaan die All Blacks tot Donderdag aan die raai hou