Skip to content

Rugby: Rassie erken Frankryk se kaptein Antoine Dupont hou ‘n moeilike uitdaging in

# Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus erken die onvoorspelbaarheid van Frankryk se kaptein, Antoine Dupont, hou ‘n moeilike uitdaging in in Vrydag se Nasieskampioenskaps-wedstryd in Parys. Hy glo die skrumskakel se instink maak hom besonder moeilik om in toom te hou, en dat selfs sy eie spanmaats nie altyd weet wat hy gaan doen nie. Frankryk het sy aanvals-potensiaal getoon toe hy Fidji verlede naweek in Lyon 54-17 oorrompel en agt drieë gedruk het.