Skip to content

Rugby: Rassie Erasmus vir ses internasionale wedstryde geskors ná sy kommentaar oor wedstrydbeamptes

# Rugby: Wêreldrugby het die Springbok-afrigter Rassie Erasmus met onmiddellike ingang vir ses internasionale wedstryde geskors ná sy opmerkings oor skeidsregters en spelreëls. Tydens ‘n mediakonferensie in Dublin Maandag, het Erasmus beweer dat amptenare soveel as 17 onwettige duikslae teen sy span in hul nederlaag teen Frankryk gemis het, en bevraagteken of die “manipulasie” van die uitslag die rede kan wees om nie na die voorvalle te kyk nie. Wêreldrugby sê Erasmus se gedrag kom neer op ‘n onaanvaarbare aanval op die geloofwaardigheid en bevoegdheid van die wedstrydbeamptes.