# Rugby: Die Springbok-afrigter Rassie Erasmus sê hy is vol hoop vir hulle veeleisende Europese toer van vyf weke. Suid-Afrika speel volgende maand in die Noordelike Halfrond teen Japan, Frankryk, Italië, Ierland en Wallis. Die eerste groep spelers en bestuurslede het die naweek vertrek, en die volledige groep kom vandag in die Verenigde Koninkryk byeen voor Saterdag se eerste toerwedstryd teen Japan op Wembley in Londen. Erasmus erken die toer gaan ʼn uitdaging wees weens die gehalte van hul teenstanders.
Rugby: Rassie Erasmus is vol hoop vir jaareind-toetse