# Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus het dieselfde 54 spelers wat verlede maand die tweede nasionale oefenkamp in Kaapstad bygewoon het, in sy finale groep vir die begin van die internasionale seisoen opgeneem. Die sesisoen skop op 28 Junie teen die Barbarians af. Daar is 31 wêreldbeker-spelers in die groep asook nege sonder enige toetservaring. Hulle is Marnus van der Merwe, Neethling Fouché, Asenathi Ntlabakanye, Cobus Wiese, Renzo du Plessis, Vincent Tshituka, Juarno Augustus, Ethan Hooker en Ntokozo Makhaza.
Rugby: Rassie Erasmus behou Springbok-oefengroep vir Barbarians-wedstryd