Skip to content

Rugby: Pumas klop Boland vir hul eerste oorwinning in die Curriebeker-veldtog

# Rugby: Die Pumas het alles in die stryd gewerp vir ‘n oorwinning van 20-15 teen die Boland Kavaliers in Wellington. Dis hul eerste oorwinning in die 2026 Curriebeker-seisoen. Die losskakel Nevaldo Fleurs het ‘n man-van-die-wedstryd-vertoning gelewer en 15 punte bygedra, insluitend ‘n drie om die besoekers se oorwinning te verseker. Die Pumas het tot sesde plek op die punteleer opgeskuif, terwyl Boland, na hul eerste nederlaag van die veldtog, aan die einde van ronde drie vierde is. Daar was ook oorwinnings vir die Griekwas, Leeus en Stormers-23 oor die naweek.