Skip to content

Rugby: Pumas bly in Curriebeker-uitspeelronde, met WP steeds geen oorwinnings

# Rugby: Die Pumas het die Westelike Provinsie gister met 39-13 in hul Curriebeker-wedstryd in Kaapstad geklop en bly sodoende in die stryd vir die uitspeelrondes. WP het teen rustyd ‘n skrale voorsprong van 10-7 gehad, met die Pumas onder druk vir die grootste deel van die eerste helfte. Die besoekers het egter na rustyd vlam gevat en vinnig ‘n voorsprong van 22-10 opgebou. Die aanslag het voortgeduur met die Pumas wat altesaam vyf drieë teenoor die tuisspan se een gedruk het. Die Pumas is nou 5de op die puntelys, met WP heelonder in die 8ste plek.