Skip to content

Rugby: Pumas behou SA Beker in spannende wedstryd teen Griekwas

# Rugby: Danrich Visagie se strafdoel in ekstra tyd was die keerpunt in ‘n spannende SA Beker-eindstryd tussen die Griekwas en die Pumas gisteraand in Kimberley. Die besoekers het met die oorwinning van 38-35 hul kroon suksesvol verdedig nadat hulle rustyd met 28-7 voor was. Die Noord-Kaapse span het egter die telling gelyk gemaak met 28-elk waarna ekstra tyd toegeken is. Tiaan Lange het twee drieë vir die Griekwas gedruk, terwyl Cameron Hufke, Janco Uys en Caleb Abrahams elkeen ook ‘n een drie bygevoeg het. Ntsika Fisanti, Wian van Niekerk en Danrich Visagie het vir die Pumas se drieë gesorg, met nog twee deur Jaycee Nel.