Skip to content

Rugby: Plumtree besef oorwinnings in twee tuiswedstryde uiters belangrik vir Haaie

# Rugby: Die Haaie se hoofafrigter, John Plumtree, besef hoe belangrik dit is vir sy span om die volgende twee Verenigde Rugbykampioenskaps-wedstryde tuis te wen. Hulle het in hulle laaste drie wedstryde oorsee teen Glasgow en Leinster verloor en gelykop gespeel teen Dragons. Die Haaie speel Saterdag teen Ulster, gevolg deur ‘n wedstryd teen Scarlets voordat hulle weer na Europa reis om teen Connacht te speel. Plumtree sê die Haaie is verlede naweek in Ierland ore aangesit deur die verdedigende kampioen, Leinster. Hulle is tans 13de op die punteleer.