# Rugby: Die losvoorspeler Pete Samu is die eerste keer sedert 2023 terug in die Wallabies se groep vir die twee Rugbykampioenskaptoetse teen Argentinië. Die ervare stut Allan Alaalatoa en die losskakel Tom Lynagh is ook in afrigter Joe Schmidt se groep van 36 ingesluit. Die enigste nuweling is die Brumbies se skrumskakel, Ryan Lonergan. Schmidt sê dis teleurstellend om sommige spelers te verloor, maar hy is tevrede dat hulle die diepte in die groep kan bereik wat hulle probeer skep.
Rugby: Pete Samu speel die eerste keer sedert 2023 weer vir die Wallabies