Skip to content

Rugby: Opdraande stryd vir Leeus in laaste twee VRK-groepswedstryde

# Rugby: ‘n Opdraande stryd lê vir die Leeus voor in hul laaste twee Verenigde Rugbykampioenskaps-groepswedstryde nadat hulle hul ses vorige wedstryde gewen het. Die Johannesburgse span is tans derde op die punteleer, maar speel hul volgende wedstryde in Ierland teen die verdedigende kampioen, Leinster, en Munster. Die Leeus kan in die top-vier eindig, maar kan ook kwalifisering vir die kwarteindronde misloop as uitslae nie in hulle guns is nie. Afrigter Ivan van Rooyen sê hulle fokus tans net op Leinster en sal daarna begin beplan vir Munster.