Skip to content

Rugby: Oorwinnings vir die Bulle, Stormers en Haaie in die VRK

# Rugby: Die Bulle het agt drieë gedruk in ‘n gemaklike 54-26 oorwinning oor die Scarlets op Loftus Versfeld in Pretoria en het opgeskuif na tweede op die Verenigde Rugbykampioenskap se puntelys. Yaqeen Ahmed het in Kaapstad 13 punte aangeteken in die Stormers se vierde agtereenvolgende bonuspunt-oorwinning van 33-7 oor Ulster. Gianni Lombard en Ivan van Zyl het elk ‘n drie gedruk toe die Haaie Munster in Ierland met 15-3 geklop het. Die VRK word nou vir die Nasieskampioenskap onderbreek.