Skip to content

Rugby: Oorwinnings vir Arende, Tuks, Ikeys en Maties in Varsitybeker se vierde ronde

# Rugby: Die Noordwes-universiteit se Arende het die verdedigende kampioene van die Vrystaatse Universiteit met 59-14 verpletter en hul tweede agtereenvolgende sege in die Varsitybeker se vierde ronde behaal. Die Universiteit van Pretoria se Tuks is weer op die wenpad nadat hulle die Sentrale Universiteit van Tegnologie met 63-23 getroef het. Die Ikeys van Kaapstad het tien drieë gedruk in hulle spogoorwinning van 73-17 oor die Wits-universiteit. Intussen soek die Universiteit van Johannesburg steeds hul eerste oorwinning nadat hulle met 25-7 teen die Maties van Stellenbosch verloor het.