Skip to content

Rugby: Oorwinning vir Stormers, nederlaag vir Haaie in hul eerste VRK-wedstryde

# Rugby: Dit was voet in die hoek vir die Stormers toe hulle die verdedigende kampioen Leinster gisteraand met 35-0 in hul openingswedstryd van die Verenigde Rugbykampioenskap in Kaapstad geklop het. Die tuisspan het vier drieë in die proses gedruk om ‘n bonuspunt te verdien. Die rustydtelling was 6-0. Die Haaie het egter hul VRK-veldtog op ‘n lae noot geopen toe hulle met 35-19 teen die Glasgow Warriors op die Scotstoun-stadion in Skotland verloor het. Die rustydtelling was 14-12 in die guns van die tuisspan.