# Rugby: Die Vodacom Bulle het gisteraand ‘n laat aanslag oorleef en ‘n moeilike oorwinning van 28-27 oor die Ierse span Connacht behaal in hul Verenigde Rugbykampioenskap-wedstryd in Galway. Hoewel die Bulle beter verdedig het, het hulle steeds vier drieë afgestaan, terwyl hulle drie van hul eie aangeteken het. In ‘n omstrede voorval is Bulle-haker Jan-Hendrik Wessels deur Josh Murphy daarvan beskuldig dat hy hom in ‘n losskrum tussen die bene gegryp het, waarna Murphy vir Wessels in die gesig geslaan het. Televisie-opnames het geen bewyse van die losskrum-voorval getoon nie, maar die hou in die gesig het Murphy ‘n 20-minuut rooikaart gekos.
Rugby: Omstrede maar waardevolle oorwinning vir Bulle in Galway