# Rugby: ‘n Reuse-uitdaging wag op die nuutaangestelde hoofafrigter van Wallis, Steve Tandy. Die span het pas ’n reeks van 18 opeenvolgende nederlae beëindig toe hulle Japan geklop het en die voormalige Walliese speler het ‘n reuse-taak wat voorlê om sy span voor te berei vir die volgende Wêreldbekertoernooi oor twee jaar. Tandy vervang Warren Gatland as permanente hoofafrigter nadat die Nie-Seelander gedwing is om uit te tree gedurende vanjaar se Sesnasies-kompetisie. Tandy se eerste wedstryd in beheer is op 9 November in Cardiff teen Argentinië.
Rugby: Nuwe Walliese afrigter het ‘n opdraende stryd wat voorlê