# Rugby: Nuwe riglyne wat deur Wêreldrugby goedgekeur is, word geloof as ‘n mylpaal-oomblik. Dit beperk elite-spelers tot 30 volle wedstryde per seisoen ter wille van hulle gesondheid. Die nuwe reëls bepaal spelers sal geregtig wees op rusperiodes na toetse en ‘n af-seisoen van minstens vyf-weke. Wêreldrugby se voorsitter, Brett Robinson, sê die riglyne word deur die nuutste wetenskaplike en deskundige menings onderskraag. Die riglyne vir speler-las is van toepassing op die elite-mans- en vrouespel met die hoop dat dit beserings en harsingskudding sal verminder.
Rugby: Nuwe riglyne beperk elite-spelers tot 30 volle wedstryde per seisoen om hulle gesondheid te beskerm