# Rugby: Die Reds kon na ‘n dapper begin nie die pas volhou teen die Britse en Ierse Leeus in Brisbane nie. Die besoekers het met 52-12 gewen na agt drieë teenoor die gashere se twee. Onder die driedrukkers was die Suid-Afrikaans-gebore vleuel Duhan van der Merwe, die Skotse senter Huw Jones, wat vroeër vir die Stormers gespeel het, en die speler van die wedstryd en Wallis se kaptein, Jac Morgan. Die Leeus het Western Force 54-7 afgeransel in hulle eerste toerwedstryd in Perth en speel Saterdag in Sydney teen die Waratahs.