# Rugby: Agtien ervare toetsspelers van dwars oor die wêreld het aangemeld by die Barbarians vir Saterdag se wedstryd teen die Springbokke in Kaapstad. Die 23 spelers sluit die gewese Junior Springbokslot Ruben van Heerden van die Stormers in. Die span, wat deur Robbie Deans afgerig word, gaan die Bokke die eerste keer op Suid-Afrikaanse bodem pak. Nog vyf ervare All Blacks het by die groep aangesluit. Hulle is Hoskins Sotutu, Tawera Kerr-Barlow, Peter Umaga-Jensen, Leicester Fainga’anuku en Mark Tele’a.
Rugby: Nog ervare All Blacks sluit by Barbarians aan om die Springbokke te pak