# Rugby: Die Springbok-vroue se afrigter, Swys de Bruin, het die ervare Sizophila Solontsi en Nomawethu Mabenge genooi om volgende maand by ‘n groep van 36 spelers aan te sluit vir ‘n oefenkamp in Stellenbosch. Lerato Makua is ook genooi. Solontsi het die vorige kamp weens ‘n kopbesering misgeloop, terwyl Mabenge rehabilitasie van ‘n kniebesering ondergaan het. De Bruin sê die drie spelers gee die groep bykomende intensiteit. Die oefenkamp is ter voorbereiding vir volgende maand se Rugby Afrika-vrouebekertoernooi in Kenia.
Rugby: Nog drie spelers uitgenooi na Bok-vroue se oefenkamp voor Afrika-Vrouebeker