# Rugby: Die Nieu-Seelandse verdedigende kampioene van die vroue-Wêreldbeker, het ‘n eerste helfte skok oorleef om Suid-Afrika Saterdag met 46-17 in die kwarteindronde van hulle vroue-Rugby Wêreldbekerwedstryd te verslaan. Suid-Afrika het hulle kragtige voorspelerpak gebruik om die eerste helfte met tien-elk gelykop te eindig. Maar die All Black-vroue het balbesit in die tweede helfte oorheers om hulle teenstanders te oorrompel en met ‘n totaal van agt drieë te seëvier. Afrigter Swys de Bruin sê hy is trots op die span en wat hulle vir miljoene jong Suid-Afrikaanse vroue beteken. Nieu-Seeland speel Vrydag in Bristol in die halfeindronde teen Kanada.
Rugby: Nieu-Seeland klop die Springbok-vroue in die Wêreldbekerkwarteindronde