# Rugby: Suid-Afrika se Wêreldbeker-afrigter, Jaques Nienaber, sal by sy Ierse span, Leinster, bly tot 2027. Dit beeïndig skepulasie dat hy moontlik na die Springbokke sal terugkeer om by sy vriend, Rassie Erasmus aan te sluit. Nienaber was ‘n afrigter by die Spingbokke vir twee agtereenvolgende Wêreldbeker-titels, en is daarna terug Ierland toe waar hy voorheen afgerig het. Sy span, Leinster, het verlede seisoen die Verenigde Rugbykampioenskaptitel gewen. Die span het ook die aanstelling van voormalige speler, Emmet Farrell, as skopafrigter aangekondig.
Rugby: Nienaber is verlore vir die Springbokke tot ten minste 2027