Skip to content

Rugby: ‘n Fees van agt toetse vir liefhebbers van die spel die naweek

# Rugby: Liefhebbers van die spel kan die naweek uitsien na agt toetse. Fidji en Skotland het vroegoggend die aksie afgeskop in Suva, gevolg deur Japan en Wallis in Kobi, en die tweede toets tussen die All Blacks en Frankryk in Wellington. Net na vyfuur vanmiddag draf die Springbokke en Italië op die veld in Gqeberha vir die tweede toets. Portugal verwelkom Ierland in Dafundu, Uruguay en Roemenië speel in Montevideo, en Argentinië en Engeland pak mekaar in Pocito. Môre verwelkom Amerika vir Spanje in Bremen.