Skip to content

Rugby: Mostert vervang Nortjé in Springbok-pak teen Ierland

# Rugby: Die veelsydige Springbok-voorspeler Franco Mostert gaan Eben Etzebeth se slotmaat wees in die opdrafspan in môre se Nasieskampioenskaps-wedstryd teen Ierland in Dublin. Hy vervang Ruan Nortjé, wat tydens oefening beseer is. Die mediese span het Nortjé deur die week gemonitor, maar afrigter Rassie Erasmus het besluit om nie met hom te waag nie om hom kans te gee om behoorlik te herstel. Lood de Jager bly die plaasvervanger-slot. Afskop op die Aviva-stadion is môreaand 6.40.