# Rugby: Moana Pasifika se Superrugby-deelname is verby nadat hy nie daarin kon slaag om geldelike steun te bevestig nie. Die span, wat in Auckland, Nieu-Seeland, gebaseer is, is in 2020 gestig om topvlak-geleenthede te verseker vir spelers van die Stille Oseaan-eilande. Die eienaars het vroeër vanjaar hulle onttrekking aangekondig nadat hulle nie ‘n volhoubare handelsbasis kon verseker nie. SuperSport berig die regerings van Nieu-Seeland, Tonga en Samoa het tevergeefs probeer om die span te red, wat vanjaar laaste op die punteleer was nadat hulle 12 uit 14 wedstryde verloor het.
Rugby: Moana Pasifika uit Superrugby geskop na hy nie geldelike steun kan bekom nie